Lxding

Member since October 4, 2008

follow this user
  • 25 videos
  • 0 following
  • 0 follower

Recent Activity

Dapper genoeg?
Dalk is dit nog ‘n newe-effek,
maar ek weet dit is nie.
Dalk was Ouding uiteindelik
net dapper genoeg om daai wolk te eien:

Ons lewe eenkeer – hoekom nie idillies gelukkig wees terwyl ons die moeite moet doen om nie net asem te haal nie?
Wees dapper genoeg: loop verklaar jou liefde VANDAG nog kaalbors-eerlik!
Posted in Dagboek [...]
Waar was jy?
Toe hierdie groot was?

Dit is nog steeds een van die grootstes in Ding se diskoteek.
En NATUURLIK hierdie…

My danner – Ding het al vergeet presies hoe lekker die dronkverdriet was op likeurchocolates met Yazoo en Mr Blue oppad Neuschwanstein Kasteel toe verby die Alpe … Ding sal nogal sy ouma aanrand vir hierdie song spesifiek …
Posted [...]
Perkeloos
Posted in Dagboek Tagged: Mixed Emotions, Music, Musiek, Over the limit
Madame X was hier
Ding hou soos die Boere – drie dae lank verjaarsdag – daar waar dit ver is en die lug skoon is – ver van stadsgeraas en petroldampe. Ding het gevra die wat hier kom lees, moet na die woorde van die song luister – dis wat Ding wil sê. Madame X het belowe sy sal die boodskap so oordra, want Madame X het Ding se blog so kleine bietjie ge-hijack

Ding – as die wind jou dalk weer Suid waai – hier is jou jaarsdag present – dan vlieg jy hom daar waar ons die “Jam Jars” gedrink het

Posted in Dagboek
Madame X was hier
Ding hou soos die Boere – drie dae lank verjaarsdag – daar waar dit ver is en die lug skoon is – ver van stadsgeraas en petroldampe. Ding het gevra die wat hier kom lees, moet na die woorde van die song luister – dis wat Ding wil sê. Madame X het belowe sy sal die boodskap so oordra, want Madame X het Ding se blog so kleine bietjie ge-hijack

Ding – as die wind jou dalk weer Suid waai – hier is jou jaarsdag present – dan vlieg jy hom daar waar ons die “Jam Jars” gedrink het

Posted in Dagboek
Spyt
Gisteraand verlaat Ding se siel hom. Dit word donker. Die miere vreet in Ding se kop. En Ding besef: Ding se siel het alweer pad gevat; weg. Dit help nie eers meer sulke tyd om hom te probeer soek nie. En Ding worstel oor en met goete waaroor Ding nie nou wil praat nie. Maar dit bly donker. En al hoe Ding dit kan besweer: Ding huil soos ‘n kind en later ween hy. Maar daar is ‘n engel wie hom troos. Dankie dat jy het.  Uiteindelik roep Tierie se hartklop-slaap-masjien vir Klaasvakie. Maar Klaasvakie se sand is swaar en Ding slaap sleg. Ding word vanmore wakker en besef sy siel is terug in sy lyf. Maar uitgeput en tonne swaarder. Donker, moeg.  En Ding weet hierdie is ‘n ander dag – sy siel voel nie vrolik nie. Nog voor sonop loop luister Ding sy Stef Bos liedjie by Tierie. Tierie, daardie twee woorde: Vir Ding. Min woorde omdat hulle alles beteken. En daar gaan dit alweer – Ding ween homself onkeerbaar in ‘n nuwe toonhoogte(laagte) rou stem in. En g’n mens met hare wis hoekom nie.
Moedertjie verjaar te lekker. So lekker dat Moedertjie nie eers vroegoggend beskikbaar is dat Ding haar kan gelukwens nie. Ding slaan toe maar draad na HP toe. Ons lag lekker, ons skerts sorgeloos, die vrolikheid vanself, want onse Moedertjie word 80 en sy lewe en sy is nog so vol lewe! Hinkend, pinkend, vol pyne en skete, maar sy kry altyd weer rede om harder as die verterende pyn te lag. En Gomma is by die huis en die vreugdes- en feesvure sal hoog brand. Sommer van vroegdag af. Ons vier die lewe met oorgawe.
Maar Ding bly broos; sommer net onlekker. Die miere vreet. En Ding probeer dink aan alles wat hy moes doen en nie gedoen het nie. Hy probeer hier vat en daar los en hy wil diekant toe en hy wil daaikant toe. Maar maak nie saak hoe hy hier inhaal en daar gou dit doen nie – hy kry net nie die regte plek raakgevat nie. Ding weet hy moes iets gedoen het wat hy nie gedoen het nie. En dan hoor hy homself maan: het iemand al vir jou gesê dis te laat. Maar dan gaan Di
Wie verjaar?!
Ding hou van talent so rou soos ‘n gapende, bloeiende wond.
Ding had die voorreg om blad te skud met ‘n jongman met ‘n verskil: hy loop tree vir tree in sy talent (en dis NIE net sy pragtige vrou nie )  se skaduwee.
En DIT is waarvan Ding hou – dat sy talent groter is as hy.
Pietpyl, mag jy ‘n onvergeetlike verjaarsdag hê; mag jou ryk stem jou talent volg soos jou voetspore doen. Mag jou gedagtes suiwer bly soos jou oortuiginge. Mag jy altyd die koning van jou kraal bly, want jy het dit reeds alles. Bly getrou aan jouself.
Hier’s hy (Pietpyl, dankie vir Ouding se geskenk – vandag deel Ding hierdie met die res van die stoep):

MAAR DIS NIE AL NIE!
Ding deel verder:
Pietpyl het hierdie jaar maar een show, sy verjaarsdag ene, in Pretoria. En Ding gee vandag kaartjies weg. Min, maar darem.
Die show is Saterdagaand, 9 Mei 2009 in Pretoria. Sitplekke is uiters beperk – nie die grootte daarvan nie, maar die hoeveelheid
Wil jy gaan? Ding wil! Nie net om na Piet te luister en daai meesterlike kitaarspel en rooiwyn-beleë stem van hom te hoor nie … maar VERAL om na drie songs te luister: Fluister soos net die skepper daarvan dit kan sing; om hopelik weer Mariëtte se Wals te hoor. En ja…
Om die song te hoor wat ligjare mooier is as Fluister en Mariëtte. ‘n Nuwe ene. En dis die mooiste ooit. Nie net omdat dit mooiste van mooi is nie, dit IS, maar veral omdat ‘n voshaarnooi dit saam met Piet gaan sing. En daardie voshaarnooi maak nie net die mooiste header in Rebel se deur op die stoep nie …  daardie voshaarnooi se stem is die klank van winterverlange. Dit dring deur manman se vel en are en loop skeur tyd se onthou los uit manman se innerste en roer verlange in manman se bloed; neem manman se diepste seer uit manman se diepste binneste en laat dit vry deur spore op manman se wange. Jipja, daai voshaarnooi mag maar kan sing.
Tierietiertier, Ouding sal daar wees en Ouding sal jou kyk en jou luister. Mag dit Saterdagaand vir jou die mooiste, moo
Stoepstilte
Tydloos:

 

Posted in DJ Ding Tagged: Demis Roussos, Goodbye my love goodbye
Stoepstilte
Tydloos:

 

Posted in DJ Ding Tagged: Demis Roussos, Goodbye my love goodbye
Ami!
Vroeër het Ding  jou net hierdie eenkeer gevra.
Kyk nou mooi na hierdie, luister na hierdie. SIEN die pad; SIEN waaruit Ding se wêreld bestaan. ‘n Wêreld wat ‘n droomlewe saam met jou wil wees:

Na hierdie skryf Ding die slot; of  ‘n begin - die keuse is joune, Liefbersie.
Posted in Dagboek
Ami!
Vroeër het Ding  jou net hierdie eenkeer gevra.
Kyk nou mooi na hierdie, luister na hierdie. SIEN die pad; SIEN waaruit Ding se wêreld bestaan. ‘n Wêreld wat ‘n droomlewe saam met jou wil wees:

Na hierdie skryf Ding die slot; of  ‘n begin - die keuse is joune, Liefbersie.
Posted in Dagboek
Texas style on the double
The Thrill Has Gone

Listening I hear your voice
Together you and I have nothing left to carry on
And I'm seeing you slip away
Cause you never cared
You never even realised
Now the thrill has gone
Cause I can see it in your eyes
Now the thrill has gone
And it was you who threw it all away
Now the thrill has gone
Wondering as I look outside
Changes all around
There's nothing left here to hide
And I'm asking you have you lost your soul
Cause you never cared
You never even realised that I wasn't there
Now the thrill has gone
Cause I can see it in your eyes
Now the thrill has gone
And it was you who threw it all away
Now the thrill has gone
Say to me what I want to hear
Say to me what I want to hear
Cause you never cared
You never even realised that I wasn't there
Now the thrill has gone
Cause I can see it in your eyes
Now the thrill has gone
And it was you who threw it all away
Now the thrill has gone
Now the thrill has gone
Cause I can see it in your eyes
Now the thrill has gone
And it was you who threw it all away
Now the thrill has gone

FOOL FOR LOVE
Have you heard the sound of disappointment
It tears at you
Why didn't I realise that I could be conned by you
Taken for a fool
But as the lights go down
There's no one left around
What will you do
Now you've hurt me
I won't let you stay
No matter what you say to me now
I won't let you stay
No matter what you say to me now
Hear what I'm saying it's not what I'm thinking
My head is like a chain of thoughts
Twisted in Vain
When will you ever learn
That it's always the hard way
Now that we're through
I've nothing left to prove
To convince you
To convince you
I won't let you stay
No matter what you say to me now
I won't let you stay
No matter what you say to me now
I won't let you stay
No matter what you say to me now
You never cared what happened
Now you're the one whose laughing
Fool for love
Those rumours were true I was your fool
I won't let you stay
No matter what you say to me now
I won't let you stay
No matter what
I need you
Op Valentynsdag moet Ding uit beginsel rebels wees. En dapper. Hierdie stoep is, na alles, vir die dapperes.  
Dit het egter tyd geword om vir eenkeer, en net eenkeer, ernstig en dapper te wees. Binnekant buitentoe.  Vir die een vir wie Ding alles sal los en enigiets sal doen:
 
Posted in Dagboek, DJ Ding Tagged: I need you, Ricky Nelson
Dis Ding
Lank uitstaande - die eerste, oorspronklike stoepsong gegee vir Ding, want dit vertel so van Ding …

Wat kan Ding sê?
Posted in Dagboek
Vrydag: Daaaai tyd!
Aijajaijajai …. dis daaai tyd!
Vrydag, vredestwakkie, rooi en Ding besluit…
DIS mos hoe manman vryheid geniet: voor die aand om is, gaan iemand vir Ding sing en presies sooooo dans!

 
Posted in Dagboek, DJ Ding Tagged: Don't cha', Pussy Cat Dolls
Ek en my probleme - Piet van Wyk de Vries
Piet van Wyk de Vries
Afrikaans Music at its best
Song from 2nd album:
'n Pyl deur seil met vuur
web
Woorde vir die mooiste boek
The book of love is long and boring… But I love it when you read to me, and you can read me anything.
Ek lees myself in braille oor jou hele lyf tot in jou hart waar my siel oë kry



The book of love has music in it… But I love it when you sing to me, and you can sing me anything.
Jou lyf die notebalk waarop my tong en lippe melodieë komponeer om jou stem die lirieke van jou hart te laat sing sodat my siel kan hoor
 
The book of love is long and boring… But I love it when you give me things, and you ought to give me wedding rings.
In goudglans met heldergeel glimlag, ryprooi passie en silwerwit stilte vleg ek jou ‘n trouring wat glad nie pas om ‘n vinger, maar stadig, sierlik, ‘n sirkel om jou hart en siel voltooi:
Jou hart my mooiste boek
Posted in Dagboek, Ding se draadwerk Tagged: liefde, mooiste boek, Peter Gabriel, shall we dance, The book of love
Kompetisie met Piet van Wyk de Vries!
Piet van Wyk de Vries is ‘n man van sy woord.
Luister gou na die huidige amptelike stoepsong, ja!

Ding is maar groen in hierdie prentjieliedjie-bedryf. Ding se eerste poging was so swak dat Ding se krit nie geweet het hoe om dit vir Ding te vertel nie en Ding se mentor dit nie eers gesien het nie - was dit papier, was dit opgeskeur en nie eers die moeite werd om te verbrand nie! Ding se tweede eerste poging was die ene vir Maggiemay. Stoepsong is tweede tweede of eerste derde poging…
Gaaf, soos Ding
Maggiemay
Gister, so teen die middag, voel Ding die ouderdom in sy beendere insypel. Asof sy bloed ‘n skaduwee gekry het. Donkerte syg neer oor sy gemoed. Wat ‘n sonskyndag vol glimlag was, word droefdonker. Ding verstaan glad nie.
Laatmiddag tref dit Ding: Ding mis vir Maggiemay.
Vandag, 26 November, het Maggiemay sedert haar geboorte verjaar. Maggiemay het nie meer nodig om te verjaar nie.
Niks wil vandag langer as 5 minute in Ding se kop bly stilstaan nie. Niks kan Ding se aandag hou nie. Slag-slag moet Ding h
Bom se Lont
Ding se kern: sy boerwees.
Posted in DJ Ding
1