Gisteraand verlaat Ding se siel hom. Dit word donker. Die miere vreet in Ding se kop. En Ding besef: Ding se siel het alweer pad gevat; weg. Dit help nie eers meer sulke tyd om hom te probeer soek nie. En Ding worstel oor en met goete waaroor Ding nie nou wil praat nie. Maar dit bly donker. En al hoe Ding dit kan besweer: Ding huil soos ‘n kind en later ween hy. Maar daar is ‘n engel wie hom troos. Dankie dat jy het. Uiteindelik roep Tierie se hartklop-slaap-masjien vir Klaasvakie. Maar Klaasvakie se sand is swaar en Ding slaap sleg. Ding word vanmore wakker en besef sy siel is terug in sy lyf. Maar uitgeput en tonne swaarder. Donker, moeg. En Ding weet hierdie is ‘n ander dag – sy siel voel nie vrolik nie. Nog voor sonop loop luister Ding sy Stef Bos liedjie by Tierie. Tierie, daardie twee woorde: Vir Ding. Min woorde omdat hulle alles beteken. En daar gaan dit alweer – Ding ween homself onkeerbaar in ‘n nuwe toonhoogte(laagte) rou stem in. En g’n mens met hare wis hoekom nie.Moedertjie verjaar te lekker. So lekker dat Moedertjie nie eers vroegoggend beskikbaar is dat Ding haar kan gelukwens nie. Ding slaan toe maar draad na HP toe. Ons lag lekker, ons skerts sorgeloos, die vrolikheid vanself, want onse Moedertjie word 80 en sy lewe en sy is nog so vol lewe! Hinkend, pinkend, vol pyne en skete, maar sy kry altyd weer rede om harder as die verterende pyn te lag. En Gomma is by die huis en die vreugdes- en feesvure sal hoog brand. Sommer van vroegdag af. Ons vier die lewe met oorgawe.Maar Ding bly broos; sommer net onlekker. Die miere vreet. En Ding probeer dink aan alles wat hy moes doen en nie gedoen het nie. Hy probeer hier vat en daar los en hy wil diekant toe en hy wil daaikant toe. Maar maak nie saak hoe hy hier inhaal en daar gou dit doen nie – hy kry net nie die regte plek raakgevat nie. Ding weet hy moes iets gedoen het wat hy nie gedoen het nie. En dan hoor hy homself maan: het iemand al vir jou gesê dis te laat. Maar dan gaan Ding maar weer aan. ‘n Mens kan ook net so