You've added this video with the title
"Elvis & Lisa Marie Presley - Don't Cry Daddy (Musical Video". To change this title, or add tags or comments,
click here.
Richard Henry Jackson ….. my Daddy.Hy was my hero. Slim, manlik, braaf en het my geleer om alles in die lewe eenkeer te doen, lewe voluit. Ek was sy “Princess”Hy het my op die hande gedra en ek was vreeslik bederf. Ek was ‘n dogtertjie wat baie aandag geeis het, en het dit natuurlik ook gekry nogsteeds …Die dag toe die nuus aan ons oorgedra was, is vandag nog helder in my kop. Dit was soos ‘n dolk steek in my hart, dit het gevoel of my hart doodgegaan het. Ek onthou dit het gevoel asof my asem my verlaat het…Dit was ‘n reën dag in Oktober, en Dad het dood verongeluk. Sy liggaam is vêr van sy motor gevind. (Seker by hom wat ek ook my liefde vir spoed gekry het, en natuurlik ook amper die tydelike met die ewige verwissel het) Wel terug na “daai dag” ek het op my “Chopper” fiets gespring en weg gejaag. Ek het net gejaag en gejaag …. Ek het later opgeeindig by ‘n telefoonhokkie, en het my Ouma gebel. (Sy het die telefoon nommer van die telefoonhokkie geken, dit was ‘n reëling tussen ons, ek bel haar en sy bel terug. Op daardie stadium het ons pas in ‘n nuwe huis ingetrek en daar was nog nie telefone nie) Sy het natuurlik klaar geweet en het gesê almal is opsoek na my en ek moet huis toe gaan…. ek het net geprewel op die telefoon, my woorde was weggeskrik….Ek het die telefoon neergesit, buite teen die telefoon hokkie gaan staan en stadig afgegly grond toe. In die modder, poele water en reën het ek gesit… verslae… daar was nou nie meer trane nie ….Neil (seunsmaat) het my daar gekry (daar was ‘n soekgeselskap uitgestuur) en na hulle huis toe geneem. Sy ma het my ma gebel nadat sy my eers warm tee ingejaag het.Dit was ook die dag wat ek kennis gemaak het met my Chukky kant!!! Seer doen vreeslike dinge aan jou.My ma het my kom haal, maar ek was kwaad vir haar.“It’s your fault. I hate you” Kan julle dink hoe moes my ma voel?Ek...